Luke 17:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net so ook soos dit was in die dae van Lot; hulle het geëet, hulle het gedrink, hulle het gekoop, hulle het verkoop, hulle het geplant, hulle het gebou;
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het ook net so gebeur gedurende die dae van Lot: Hulle het geëet, gedrink, gesmous, geplant en gebou.
Afrikaans 1933/1953 Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.
Afrikaans 1983 In die tyd van Lot het dit ook net so gegaan: hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink, gekoop en verkoop, geplant en gebou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net so het dit ook in die dae van Lot gegaan – hulle het geëet, gedrink, gekoop, verkoop, geplant en gebou;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die tyd toe Lot gelewe het, was dit ook so. Die mense het geëet, gedrink, gekoop, verkoop, geplant en gebou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nog ’n voorbeeld: julle onthou mos nog vir Lot. In sy tyd het dit presies net so gegaan. Die mense het normaalweg met hulle lewens aangegaan. Hulle het besigheid gedoen, partytjies gehou, hulle lande bewerk en huise gebou.