Luke 17:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want soos die weerlig wat uit die een deel onder die hemel verlig, tot by die ander deel onder die hemel skyn; so sal ook die Seun van die mens wees in sy dag.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos ’n weerligstraal flits en die hemel van die een kant na die ander kant verlig, só sal Ek, die Seun van die Mens, op daardie dag van My verskyn.
Afrikaans 1933/1953 Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees.
Afrikaans 1983 Soos die weerlig wat uitslaan, die hele lugruim van die een kant na die ander verlig, so sal die Seun van die mens kom as die dag van sy koms daar is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want soos 'n weerligstraal die hemel van die een kant af tot aan die ander kant verlig, só sal die Seun van die Mens op sy dag verskyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die Seun van die mens kom, dan sal dit wees soos wanneer 'n weerligstraal alles lig maak, van die een kant van die lug tot by die ander kant.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wees verseker: almal sal weet wanneer die Seun van God terugkom; almal. Julle het mos al gesien hoe die weerlig in die nag ver op die horison slaan en die hele hemelruim verlig. Dan kan jy ’n oomblik lank alles om jou sien. Wel, wanneer die Seun kom, sal almal Hom net so helder en duidelik sien.