Luke 17:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy sê vir die dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het aan sy dissipels gesê: “Daar sal ’n tyd aanbreek wanneer julle sal begeer om tog net één van die dae van die Seun van die Mens te sien, maar julle sal dit nie sien nie.
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê vir sy dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie.
Afrikaans 1983 Daarna sê Hy vir die dissipels: “Daar sal dae kom wanneer julle daarna sal verlang om net een van die dae van die Seun van die mens te sien, maar julle sal dit nie sien nie. Hulle sal wel vir julle sê: ‘Kyk, daar is Hy!’ of: ‘Kyk, hier is Hy!’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het aan sy dissipels gesê: “Daar kom 'n tyd wanneer julle sal begeer om maar één van die dae van die •Seun van die Mens te sien, maar julle sal dit nie sien nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe praat Jesus met die dissipels en Hy sê: “Daar sal 'n tyd kom wanneer julle sal wens dat julle net een maal kan sien die Seun van die mens is Koning, maar julle sal dit nie sien nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe draai Jesus na sy volgelinge toe en sê vir hulle: “Ek moet egter nog iets oor God se nuwe wêreld vir julle sê. Daar gaan wel ook ’n dag aanbreek wanneer almal hierdie nuwe wêreld met hulle eie oë sal sien. Dit is op dié dag wanneer Ek, die Seun van die mens, terugkom na hierdie wêreld toe. Maar totdat dit gebeur, wag daar swaar tye op julle. Baie dae sal julle bid dat die Seun tog moet terugkom, maar dit sal nie gebeur nie.