Luke 17:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sal ook nie sê: Kyk hier! of, kyk daar! want kyk, die koninkryk van God is binne-in julle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal nie sê: ‘Kyk, hier is dit!’ of: ‘Daar is dit!’ nie, want die koningsheerskappy van God is hier by julle.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal nie kan sê: ‘Kyk, hier is dit!’ of: ‘Daar is dit!’ nie, want die koninkryk van God is hier by julle.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mense sal nie sê, ‘Kyk, hier is dit!’ of ‘Daar is dit!’ nie, want kyk, die koninkryk van God is in julle midde.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense sal nie kan sê: ‘Kom kyk hier,’ of ‘Gaan kyk daar, dan sal julle sien God is Koning’ nie. Nee, julle kan nou sien God is Koning, want Ek is by julle en Ek doen die werk van God.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle verstaan My heeltemal verkeerd,” het Jesus geantwoord. “Wanneer Ek vir julle sê dat God se nuwe wêreld hier is, bedoel Ek nie dat dit iets is wat julle met die blote oog kan sien nie. Mense kan byvoorbeeld nie sê: ‘God se nuwe wêreld is in daardie dorp’ of: ‘God se nuwe wêreld is hier in ons stad’ nie. Nee, God se nuwe wêreld is iets wat binne-in jou lewe gebeur. Wanneer jy aan my kant kom staan, verander jou lewe van binne af. Dan is jy ’n burger van God se nuwe wêreld.” |