Luke 17:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Hy van die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sou kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met waarneming nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Jesus deur die Fariseërs uitgevra is oor wanneer die koningsheerskappy van God dan begin, het Hy hulle geantwoord: “Die koningsheerskappy van God begin nie met sigbare voor-tekens nie.
Afrikaans 1933/1953 En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.
Afrikaans 1983 Toe die Fariseërs vir Jesus vra wanneer die koninkryk van God dan kom, het Hy hulle geantwoord: “Die koms van die koninkryk van God kan nie uit voortekens bereken word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Jesus op 'n keer deur die •Fariseërs gevra is wanneer die •koninkryk van God kom, het Hy hulle geantwoord: “Die koninkryk van God kom nie met duidelik waarneembare tekens nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Fariseërs het vir Jesus gevra: “Wanneer sal almal weet dat God Koning is?” Jesus het vir hulle gesê: “'n Mens kan nie voor die tyd uitvind wanneer dit sal gebeur nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Fariseërs het op ’n dag vir Jesus gesê: “Kyk, jy praat so baie oor God se nuwe wêreld. Sê vir ons, wanneer gaan dit aanbreek?”