Luke 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So moet julle ook, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê: Ons is nuttelose diensknegte; ons het gedoen wat ons plig was om te doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net só is dit ook die geval met julle: As julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: ‘Ons is net nikswerd slawe. Ons het bloot uitgevoer wat ons moes doen.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen. |
| Afrikaans 1983 | So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dieselfde geld vir julle: Wanneer julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan, ‘Ons is nikswerd slawe. Ons het net gedoen wat ons moes doen.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus sê toe vir sy dissipels: “Julle is ook soos slawe. Wanneer julle doen wat Ek vir julle gesê het om te doen, dan moet julle sê: ‘Ons het gedoen wat ons móét doen, ons dink nie dat die Here ons daarvoor moet beloon nie.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “So gaan dit ook met julle wanneer julle My dien. Wanneer julle alles gedoen het wat Ek vir julle gesê het om te doen, hoef Ek mos nie ’n sertifikaat vir goeie diens aan julle te gee nie. Nee, julle is mos in my diens. Julle moet doen wat Ek sê. Al wat julle van julle kant af hoef te sê, is: ‘Ons is so gelukkig dat Jesus ons gekies het om sy dienaars te wees. Ons verdien dit nie. Daarom is dit ons plig om alles te doen wat Hy sê.’” |