Luke 17:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Hy vir die dissipels: Dit is onmoontlik as dat daar aanstoot sal kom, maar wee hom deur wie hulle kom!
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het aan sy dissipels gesê: “Dit is onmoontlik dat dinge wat mense laat struikel, nie oor julle pad kom nie. Groot ellende wag egter op hulle deur wie dit veroorsaak word.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.
Afrikaans 1983 Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar struikelblokke kom, maar wee die een deur wie dit kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “Daar sal altyd iemand wees wat probeer om gelowiges te laat ophou glo. Maar dit sal sleg gaan met die mens wat gelowiges wil laat ophou glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Jesus vir sy volgelinge: “Dis nou maar eenmaal so dat daar allerhande sondes en versoekings in hierdie wêreld is. Maar Ek sê vir julle: daar wag groot probleme op almal wat hierdie sondes uitdink.