Luke 16:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende van die Mammon van ongeregtigheid; sodat, wanneer julle misluk, hulle julle in ewige wonings kan ontvang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sê vir julle, gebruik julle wêreldse bronne tot voordeel van ander, en maak só vriende. Op dié manier sal julle vrygewigheid vir julle ’n beloning in die hemel verseker.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang. |
| Afrikaans 1983 | “En Ek sê vir julle: Gebruik die oneerlike mammon om vir julle vriende te maak sodat wanneer die geld nie meer kan help nie, hulle julle in die ewige wonings sal ontvang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sê vir julle, ‘Maak vir julle vriende deur middel van die oneerlike Mammon, sodat, wanneer dit tot 'n einde kom, hulle julle in die ewige wonings mag ontvang.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Jesus vir sy dissipels: “Ek sê vir julle, die mense van die wêreld gebruik baie maal hulle geld en hulle goed verkeerd, maar julle moet julle geld en julle goed reg gebruik, julle moet ander mense help. Dan sal julle welkom wees in God se ewige huis wanneer die aarde se tyd verby is en mense nie meer iets sal hê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Jesus: “Weet julle, so gaan dit dikwels in die sakewêreld. Baie sakemense wat hulle nie aan die Here steur nie, is partymaal besig met skelmstreke. Hulle help mekaar om ander mense te verkul sodat hulle gou ryk kan word. Natuurlik kan julle by sakemense leer hoe om op te tree. Maar moet egter nie saam met skelms agter geld aanhardloop nie. |