Luke 16:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hy vir 'n ander: En hoeveel skuld jy? En hy sê: Honderd mate koring. En hy sê vir hom: Neem jou rekening en skryf tagtig.
Afrikaans (NLV) 2011 “‘En hoeveel skuld jy my werkgewer?’ het hy vir die volgende persoon gevra. ‘100 sakke koring,’ was die antwoord. ‘Hier,’ het die bestuurder gesê, ‘vat jou skuldbrief en vervang dit met een vir 80 sakke.’
Afrikaans 1933/1953 Daarna sê hy vir 'n ander een: En jy, hoeveel skuld jy? En hy antwoord: honderd mud koring. Toe sê hy vir hom: Neem jou skuldbewys en skryf tagtig.
Afrikaans 1983 Daarna vra hy vir 'n ander een: ‘En jy, hoeveel skuld jy?’ Hy antwoord: ‘Honderd sak koring.’ En hy sê vir hom: ‘Vat jou skuldbewys en skryf tagtig.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierna het hy vir 'n ander een gevra, ‘En jy, hoeveel skuld jy?’ Hy antwoord, ‘Honderd kor koring.’ Vir hom sê hy, ‘Vat jou skuldbrief en skryf tagtig.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het die bestuurder vir 'n ander man gevra: ‘En jy, hoeveel skuld jy?’ Die man het geantwoord: ‘Ek skuld 100 sakke koring.’ Die bestuurder het gesê: ‘Neem jou rekening en verander dit na 80 sakke.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die bestuurder roep toe die volgende persoon in en vra vir hom: ‘Hoeveel skuld jy aan my baas?’ “‘Ek het ’n groot klomp koring by hom op skuld gekoop. Ek skuld hom 100 bale koring.’ “‘Jy is baie gelukkig,’ sê die bestuurder toe. ‘Want ek verminder jou skuld van vandag na 80 bale koring. Dis al wat jy nou moet terugbetaal.’