Luke 16:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Honderd mat olie. En hy sê vir hom: Neem jou rekening en gaan sit gou en skryf vyftig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die man het geantwoord: ‘Ek skuld hom 100 vate olyfolie.’ Die bestuurder sê toe: ‘Skeur op daardie skuldbrief en teken ’n ander een vir 50.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy antwoord: honderd vat olie. En hy sê vir hom: Neem jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig. |
| Afrikaans 1983 | Hy antwoord: ‘Honderd vate olyfolie.’ Toe sê hy vir hom: ‘Vat jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En hy het geantwoord, ‘Honderd bat olyfolie.’ Hy sê toe vir hom, ‘Vat jou skuldbrief en gaan sit en skryf gou vyftig.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man het geantwoord: ‘Ek skuld 100 vate olyf-olie.’ Die bestuurder sê toe: ‘Neem jou rekening en verander dit gou na 50 vate.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “‘Ek het 100 vate olie by hom op skuld geneem,’ antwoord die man. “Toe sê die bestuurder: ‘Wel, ek verminder jou skuld nou dadelik met die helfte na net 50 vate olie.’ |