Luke 16:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het toe elkeen van sy heer se skuldenaars na hom geroep en vir die eerste gesê: Hoeveel skuld jy aan my heer?
Afrikaans (NLV) 2011 “Hy het toe elke persoon wat aan sy werkgewer geld geskuld het, ingeroep om die situasie te bespreek. Hy het vir die eerste een gevra: ‘Hoeveel skuld jy hom?’
Afrikaans 1933/1953 Toe roep hy die skuldenaars van sy heer, een vir een, en sê vir die eerste: Hoeveel skuld jy aan my heer?
Afrikaans 1983 Toe roep hy die skuldenaars van sy werkgewer een vir een en vra vir die eerste: ‘Hoeveel skuld jy my werkgewer?’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het toe sy eienaar se skuldenaars een vir een ingeroep. Vir die eerste een het hy gevra, ‘Hoeveel skuld jy my eienaar?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die bestuurder al die mense laat roep wat vir sy hoof iets skuld. Hy het vir die eerste man gevra: ‘Hoeveel skuld jy vir my hoof?’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daar en dan het die bestuurder toe almal wat aan sy baas geld skuld, laat roep. Toe die eerste een daar opdaag, sê hy vir hom: ‘Ek sien jy betaal nie jou skuld nie. Sê my, hoeveel skuld jy aan my baas?’