Luke 16:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hom: As hulle na Moses en die profete nie luister nie, sal hulle ook nie oortuig word nie, al sou iemand uit die dode opstaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar Abraham het gereageer: ‘As hulle nie na Moses en die profete luister nie, sal hulle ook nie luister nie selfs al sou iemand uit die dood opstaan.’”
Afrikaans 1933/1953 Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
Afrikaans 1983 Maar hy sê vir hom: ‘As hulle na Moses en die profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie al sou iemand uit die dood opstaan.’ ”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het egter vir hom gesê, ‘As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle selfs as iemand uit die dood opstaan, nie oortuig word nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Abraham het gesê: ‘As hulle nie doen wat die boeke van Moses en die profete sê nie, dan sal hulle ook nooit luister na iemand wat weer begin lewe het nie.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “‘Nee, jy’s verkeerd,’ het Abraham vinnig geantwoord. ‘As hulle hulle nie aan God se Woord steur nie, sal niks anders hulle oortuig nie, nie eens iemand wat uit die hemel daar by hulle opdaag nie.’”