Luke 16:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die bestuurder by homself: Wat moet ek doen? want my heer neem die rentmeesterskap van my weg; ek kan nie grawe nie; om te smeek ek skaam my.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die bestuurder het by homself gedink: ‘Wat nou? Dis klaarpraat met my hier; ek het nie die krag om te gaan slote grawe nie en ek is te trots om te gaan bedel.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my.
Afrikaans 1983 Die bestuurder dink toe by homself: wat moet ek nou doen, want my werkgewer neem die bestuurderskap van my af weg. Vir handearbeid sien ek nie kans nie; en om te bedel, skaam ek my.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die bestuurder het by homself gedink: Wat moet ek doen, noudat my eienaar my bestuurderskap van my wegneem? Spit kan ek nie, en ek is te skaam om te bedel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die bestuurder het toe gedink: Wat sal ek doen? Ek dink my hoof gaan my wegjaag. Ek kan nie goed werk met my hande nie, en ek is te skaam om te bedel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die bestuurder het besef hy is in die moeilikheid. Hy dink toe by homself: ‘Wat doen ek nou? Ek gaan definitief in die pad gesteek word. En werk is deesdae maar skaars. Ek sien regtig nie kans om in iemand se tuin te gaan werk of om met ’n bordjie om my nek in die straat te staan en geld bedel nie.’