Luke 16:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En behalwe dit alles is daar tussen ons en julle 'n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan na julle wil oorgaan, nie kan nie; hulle kan ook nie na ons oorgaan nie, wat daarvandaan sou kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En buitendien is daar ’n groot kloof wat ons skei. Enigeen wat van hier na julle wil oorgaan, word op die rand gestuit, en niemand van daar af kan na ons toe oorkom nie.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En by dit alles is daar tussen ons en julle 'n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dr is, nie na ons kan oorkom nie. |
| Afrikaans 1983 | En buitendien is daar 'n groot kloof tussen ons en julle, sodat dié wat hiervandaan wil oorgaan na julle toe, nie kan nie, en dié wat dáár is, ook nie na ons toe kan oorkom nie.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En buitendien is daar 'n groot kloof tussen ons en julle gevestig, sodat diegene wat hiervandaan na julle wil oorgaan, nie kan nie, en diegene wat daar is, ook nie na ons kan oorkom nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En daar is ook 'n diep kloof tussen ons en julle. Die mense wat hier is, kan nie na julle toe gaan nie. En die mense daar by julle kan ook nie na ons toe kom nie.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In elk geval: tussen ons en julle is ’n yslike kloof wat niemand kan oorsteek nie. So, ons kan nie vir jou water bring nie. Jy kan ook nie hiernatoe kom nie.’ |