Luke 16:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Abraham sê: Seun, onthou dat jy in jou lewe jou goeie dinge ontvang het, en so ook Lasarus die slegte; maar nou word hy getroos, en jy word gepynig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar Abraham het vir hom gesê: ‘Kind, onthou gedurende jou leeftyd het jy alles gehad wat jy wou hê, en Lasarus niks. Maar nou is hy hier en word vertroos, en jy word gepynig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. |
| Afrikaans 1983 | Maar Abraham sê: ‘My kind, onthou dat jy in jou leeftyd altyd die goeie gekry het en Lasarus die slegte. Nou gaan dit hier goed met hom, maar jy word gepynig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Abraham antwoord, ‘Kind, onthou dat jy gedurende jou lewe die goeie ontvang het, soos wat Lasarus die slegte ontvang het. Nou word hy hier getroos, maar jy word gepynig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Abraham: ‘Kind, jy moet onthou dat jy in jou lewe op die aarde al die lekker dinge gehad het. Lasarus het die slegte dinge gehad. Nou troos God hier vir Lasarus, maar jy het pyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar Abraham sê vir hom: ‘Dink so ’n bietjie terug. Daar op die aarde het jy alles gehad wat jou hart begeer. Maar Lasarus het net swaargekry. Nou is die rolle omgekeer. Nou is Lasarus gelukkig, en jy ly baie. Weet jy, dis nou te laat om iets daaraan te doen. |