Luke 16:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle wou gevoed word met die krummels wat van die ryk man se tafel afgeval het, en die honde het gekom en sy swere gelek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl Lasarus daar gelê en begeer het om van die oorskiet van die ryk man se tafel te kon kry, het die honde aan sy oop sere kom lek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek. |
| Afrikaans 1983 | *** |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en het daarna gesmag om iets te ete te kry wat van die ryk man se tafel afgeval het, maar slegs die honde het sy swere kom lek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Lasarus het gewens hy kan eet van die kos wat van die ryk man se tafel afval. Die honde het altyd gekom en hulle het Lasarus se sere gelek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Arme Lasarus; hy het dikwels gedroom hoe hierdie ryk man vir hom die oorskietkos uit sy huis bring om te eet. Maar selfs dit was hom nie beskore nie. Sy enigste vriende was die rondloperhonde wat nou en dan die swere aan sy lyf kom lek het. |