Luke 16:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar was 'n sekere ryk man wat met purper en fyn linne geklee was en elke dag weelderig gevaar het;
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het gesê: “Daar was ’n ryk man wat pragtig aangetrek het en sorgeloos in weelde geleef het.
Afrikaans 1933/1953 En daar was 'n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe.
Afrikaans 1983 “Daar was 'n ryk man wat duur en deftige klere gedra en elke dag feestelik en weelderig geleef het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Daar was 'n ryk man wat klere van purperstof en fyn linne gedra en elke dag swierig feesgevier het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Daar was 'n ryk man wat pragtige klere gedra het. Hy het elke dag die beste dinge in die wêreld geniet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kom Ek vertel julle nog ’n storie. Eendag was daar ’n ryk man. Hy het baie duur klere gedra en elke dag soos ’n koning geleef.