Luke 16:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een titteltjie van die wet misluk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit beteken egter nie dat die wet sy geldigheid verloor het nie. Dit bly van krag tot in sy fynste besonderheid. Dit is sterker en meer blywend as hemel en aarde. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val. |
| Afrikaans 1983 | Tog is dit makliker vir die hemel en die aarde om te vergaan as dat een lettertjie van die wet verval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar dit is makliker vir die hemel en die aarde om tot niet te gaan as dat een strepie van die Wet wegval. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle moet onthou, die hemel en die aarde sal makliker verdwyn as een letter-strepie van die boeke van Moses. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar verstaan My goed: Ek kom skaf nie die wet af nie. Dit sal bly bestaan. Solank die son nog skyn en daar sterre in die hemel is, sal elke letter van die wet van krag bly. |