Luke 16:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ook die Fariseërs, wat begerig was, het al hierdie dinge gehoor, en hulle het Hom uitgelag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Fariseërs wat baie lief was vir hulle geld het natuurlik hiermee gespot. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp. |
| Afrikaans 1983 | Die Fariseërs was baie lief vir geld en toe hulle al hierdie dinge hoor, het hulle Hom beledigend uitgelag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die •Fariseërs, wat geldgierig was, het na al hierdie dinge geluister, en smalend oor Hom gepraat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die Fariseërs al hierdie dinge hoor, het hulle vir Jesus uitgelag, want hulle was baie lief vir geld. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Klompie Fariseërs, wat baie lief vir geld was, het gehoor wat Jesus sê en begin toe met Hom spot. |