Luke 16:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geen dienskneg kan twee here dien nie, want óf hy sal die een haat en die ander liefhê; anders sal hy die een vashou en die ander een verag. Julle kan nie God en Mammon dien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Niemand kan twee eienaars dien nie. Want jy sal die een haat en die ander liefhê, of die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én geld dien nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal •f die een haat en die ander een liefhê, •f die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God,n Mammon dien nie. |
| Afrikaans 1983 | “Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Geen huiskneg kan twee base dien nie, want hy sal óf die een haat en die ander een liefhê, óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Werker kan nie vir twee persone werk nie, want hy sal niks hou van die een persoon nie en hy sal baie hou van die ander persoon, óf hy sal hard werk vir die een persoon en hy sal niks wil doen vir die ander persoon nie. Julle kan nie vir God dien en óók dink geld en goed is ook so belangrik soos Hy nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maak ’n keuse vir wie julle wil werk: óf vir God, óf vir die geldgod. Julle kan nie vir albei tegelyk werk nie. Net soos dit onmoontlik is om twee voltydse werke te hê, is dit onmoontlik om voor twee here te buig. So, kies!” |