Luke 16:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy sê ook vir sy dissipels: Daar was 'n sekere ryk man wat 'n rentmeester gehad het; en hy is by hom beskuldig dat hy sy goed gemors het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het hierdie verhaal aan sy dissipels vertel: “’n Ryk man het ’n bestuurder in diens gehad om sy sake te behartig, maar gou het ’n gerug die rondte gedoen dat die bestuurder sy baas se besittings verkwis. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was 'n ryk man wat 'n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis. |
| Afrikaans 1983 | Jesus het vir sy dissipels ook gesê: “'n Ryk man het 'n bestuurder in diens gehad, en dié is by hom aangekla omdat hy sy geld verkwis het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het ook vir sy dissipels gesê: “Daar was 'n ryk man wat 'n bestuurder gehad het, en dié is by hom daarvan aangekla dat hy sy besittings verkwis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir die dissipels gesê: “'n Ryk man het 'n bestuurder gehad wat gekyk het dat dit goed gaan met sy geld en sy besigheid. Maar die werkers het vir die ryk man gaan vertel dat die bestuurder die ryk man se geld mors. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het Jesus ook vir sy dissipels die volgende verhaal vertel: “Eendag was daar ’n ryk man wat ’n bestuurder aangestel het om sy besigheid te behartig. Na ’n ruk het die man agtergekom dat die bestuurder al sy geld uitmors. |