Luke 15:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Of watter vrou wat tien silwerstukke het, as sy een stuk verloor, steek nie 'n kers op en vee die huis uit en soek ywerig totdat sy dit kry nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Of veronderstel ’n vrou het tien waardevolle silwermuntstukke en verloor een daarvan. Sal sy nie ’n lamp opsteek en die huis van hoek tot kant uitvee totdat sy dit kry nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Of watter vrou wat tien pennings het, as sy een penning verloor, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? |
| Afrikaans 1983 | “Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Of watter vrou wat tien dragmes het, en een dragme verloor, steek nie 'n lamp op, vee die huis uit en soek deeglik totdat sy dit kry nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “En as daar 'n vrou is wat tien geldstukke het en sy verloor een, wat doen sy? Sy maak lig met 'n lamp, sy vee die huis uit en soek oral totdat sy dit kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nog ’n voorbeeld: ’n vrou wat net ’n klein bietjie geld op haar naam het en dit dan iewers in haar huis laat lê, sal dadelik daarna begin soek. Sy sal die huis van hoek tot kant fynkam. |