Luke 15:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Watter man van julle wat honderd skape het, as hy een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn agter en gaan agter wat verlore is totdat hy dit kry nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As jy 100 skape het en een het verdwaal en verlore geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat staan en die een gaan soek tot jy hom kry nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie? |
| Afrikaans 1983 | “Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wie van julle wat honderd skape het en hy verloor een van hulle, laat nie die nege-en-negentig in die woestyn agter, en gaan agter die verlore een aan totdat hy hom kry nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “As daar 'n man by julle is wat 100 skape het, en een van die skape raak weg, wat doen die man? Hy los die 99 skape in die veld en hy gaan soek die skaap wat weggeraak het totdat hy dit kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê My, wat sal julle maak as julle 100 skape het en een raak weg? Sal julle nie die ander 99 net daar in die veld laat staan en daardie een gaan soek wat weg is nie? |