Luke 15:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar sodra hierdie seun van u gekom het, wat u lewensmiddele saam met hoere opgeëet het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar toe hierdie seun van Pa terugkom nadat hy Pa se geld op prostitute gemors het, vier Pa fees en slag die beste kalf wat ons het.’
Afrikaans 1933/1953 Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.
Afrikaans 1983 Maar nou dat hierdie seun van Pa, wat Pa se goed met prostitute deurgebring het, terugkom, het Pa vir hom die vetgemaakte kalf geslag!’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar toe hierdie seun van u terugkom, wat u besittings op prostitute uitgemors het, slag u vir hom die vetgemaakte kalf!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar hierdie seun van jou het al jou goed by prostitute uitgemors, en toe hy hier aankom, toe slag jy vir hóm die kalf wat jy vetgemaak het!’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar toe daardie ander seun van Pa uit die bloute hier opdaag na hy al Pa se besittings uitgemors het op ’n spul straatvroue en op dronkpartytjies, word die heel beste kalf op die plaas vir hom geslag. Ek kan dit nie glo nie!’