Luke 15:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy was kwaad en wou nie ingaan nie; daarom het sy vader uitgegaan en hom gesmeek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die ouer broer het hom liederlik vererg en wou nie ingaan nie. Sy pa het toe uitgekom en hom gesoebat,
Afrikaans 1933/1953 En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom.
Afrikaans 1983 “Toe het die oudste seun kwaad geword en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa gaan toe uit en praat mooi met hom;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het briesend kwaad geword en wou nie ingaan nie, maar sy vader het uitgekom en mooi met hom gepraat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe word die oudste seun baie kwaad en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa het uitgekom en hy het vir die seun gesoebat om in te gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar die oudste broer was so kwaad hieroor dat hy nie eens sy broer wou gaan groet nie. Toe sy pa daarvan hoor, was hy hartseer. Hy het na sy oudste seun toe gestap en vir hom gaan vra om saam met hulle te kom feesvier.