Luke 15:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy oudste seun was in die veld, en toe hy kom en naby die huis kom, hoor hy musiek en dans. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Intussen het die ouer seun in die veld gewerk. Toe hy terugkom huis toe, hoor hy musiek en dansery in die huis, |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange. |
| Afrikaans 1983 | “Sy oudste seun was nog in die veld. Toe hy terugkom en naby die huis was, hoor hy die musiek en die singery. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die oudste seun was in die veld, en toe hy terugkeer en naby die huis kom, hoor hy musiek en 'n gedans. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die oudste seun was in die veld. Toe hy later naby die huis kom, hoor hy die mense maak musiek en hulle dans. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die ouer broer het nie geweet sy broer is terug nie, want hy was buite in die veld. Toe hy naby die huis kom, sien hy dat daar ’n groot partytjie op die plaas aan die gang is. Van ver af kon hy die musiek hoor en al die mense wat feesvier en dans. |