Luke 15:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; hy was verlore, en word gevind. En hulle het vrolik begin word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | want hierdie seun van my was dood en hy het nou teruggekeer na die lewe. Hy was verlore, maar nou is hy gevind.’ Toe het hulle begin feesvier. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word. |
| Afrikaans 1983 | Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword, hy was verlore en is weer gevind.’ Toe het hulle begin feesvier. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want hierdie seun van my was dood en hy lewe weer, hy was weg en ons het hom weer gekry.’ Hulle het toe begin om vrolik fees te vier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons gaan eet en lag en bly wees, want my seun is terug! Ek het gedink hy’s al dood, maar kyk, hy leef! Hy was weg, maar nou’s hy terug waar hy hoort: in sy pa se huis.’ |