Luke 15:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die vader sê vir sy dienaars: Bring die beste kleed uit en trek hom dit aan; en sit 'n ring aan sy hand en skoene aan sy voete. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar sy pa sê vir die bediendes: ‘Gou, bring die mooiste mantel in die huis, en trek dit vir hom aan. Kry ’n ring vir sy vinger, en sandale vir sy voete. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee 'n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. |
| Afrikaans 1983 | Maar sy pa roep sy werksmense: ‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom 'n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar sy vader het sy slawe opdrag gegee, ‘Bring gou 'n lang stola, die beste een, en trek dit vir hom aan. Gee vir hom 'n ring vir sy vinger en sandale vir sy voete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar sy pa het vir die slawe gesê: ‘Bring gou die beste klere en trek dit vir hom aan. Sit 'n ring aan sy vinger en trek vir hom sandale aan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar die pa het gou vir sy werkers gesê: ‘Gaan haal die beste stel klere in my kas en bring dit vir my seun. Vat ook ’n ring en ’n paar goeie skoene en gee dit vir hom. |