Luke 15:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Fariseërs en skrifgeleerdes het gemurmureer en gesê: Hierdie man neem sondaars aan en eet saam met hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Fariseërs en wetskenners het beswaar gemaak dat Hy met veragtelike mense geassosieer het — en selfs saam met hulle geëet het!
Afrikaans 1933/1953 En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.
Afrikaans 1983 Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die •Fariseërs en die skrifkenners het onder mekaar gemor: “Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Fariseërs en skrifgeleerdes het begin kla en hulle het gesê: “Hierdie man kuier by sondaars en hy eet saam met hulle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n dag was hulle juis weer vies vir Hom omdat Hy saam met ’n klomp mense geëet het wat in hulle oë onrein was omdat hulle nie al die Joodse godsdienstige reëls en wette nagekom het nie.