Luke 15:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy by homself kom, sê hy: Hoeveel dagloners van my vader het brood genoeg en oor, en ek vergaan van honger! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom, het hy vir homself gesê: ‘By die huis het selfs die gehuurde werkers meer as genoeg kos, en hier is ek besig om van honger dood te gaan! |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger! |
| Afrikaans 1983 | “Toe kom hy tot inkeer en sê: ‘My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Toe het hy egter tot sy sinne gekom en gesê, ‘Hoeveel dagloners van my pa het oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het toe ernstig begin dink oor sy lewe en hy het vir homself gesê: ‘My pa het baie mense wat vir hom werk, en hulle het almal genoeg kos. Maar ek? Hier sit ek en ek gaan amper dood van die honger. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Op ’n dag sit die jongman toe by homself en dink: ‘Wat vang ek aan met my lewe? Selfs my pa se slawe daar op sy plaas het ’n beter lewe as ek. Hulle het almal oorgenoeg kos om te eet, maar ek het nie eens ’n stukkie droë brood om my honger te stil nie. Hier sit ek en sterf van ellende! |