Luke 15:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sou graag sy buik gevul het met die doppe wat die varke geëet het, en niemand het dit aan hom gegee nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die seun het só honger geword dat selfs die peule wat die varke gevreet het, vir hom smaaklik gelyk het. Maar niemand het hom enigiets gegee om te eet nie.
Afrikaans 1933/1953 En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.
Afrikaans 1983 Daar het hy gewens hy kon sy honger stil met die peule wat die varke eet, maar niemand het hom daarvan gegee nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gewens dat hy sy honger kon stil met die peule wat die varke gewoonlik gevreet het, maar niemand het vir hom daarvan gegee nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die seun het gewens hy kan saam met die varke eet van die peule sodat hy nie meer honger is nie, maar niemand het dit vir hom gegee nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Later was die arme man so honger dat hy selfs bereid was om die varke se kos te eet. Maar die eienaar het geweier.