Luke 15:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nie baie dae daarna het die jongste seun almal bymekaargekom en na 'n ver land gereis en daar sy besittings vermors met 'n oproerige lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 “’n Paar dae later het hierdie jonger seun al sy besittings in geld omskep, na ’n ver land gereis, en daar al sy geld verkwis met ’n uitspattige lewe.
Afrikaans 1933/1953 En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na 'n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.
Afrikaans 1983 “Nie lank daarna nie het die jongste seun alles tot geld gemaak en van die ouerhuis af na 'n ver land toe vertrek. Daar het hy sy geld verkwis deur losbandig te lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nie lank daarna nie het die jongste seun al sy goed in geld omgesit en na 'n ver land gereis, en daar alles wat hy besit het, deur sy losbandige leefwyse verkwis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kort daarna het die jongste seun al sy goed verkoop en hy het van die huis weggegaan na 'n ver land. Daar het hy wild gelewe en hy het sy geld uitgemors.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Paar dae later het die jongste seun sy goed gevat en padgegee. Hy het in ’n ander land gaan bly. Daar het hy sy erfporsie uitgemors. Hy het die een wilde partytjie na die ander gehou en gedoen net wat sy hart begeer.