Luke 15:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die jongste van hulle sê vir sy vader: Vader, gee my die deel van die goed wat my toekom. En hy het sy lewensonderhoud aan hulle verdeel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Ek wil my deel van die boedel nou hê, eerder as om te wag tot Pa doodgaan.’ Die pa het toe ingestem om sy goed tussen sy twee seuns te verdeel.
Afrikaans 1933/1953 En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel.
Afrikaans 1983 Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee my die deel van die besittings wat my toekom.’ Hy het toe die goed tussen hulle verdeel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die jongste een van hulle het vir sy vader gesê, ‘Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom.’ Hy het toe die besittings tussen hulle verdeel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die jongste seun het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee vir my die goed wat ek van Pa moet erf.’ Die pa het toe vir elke seun gegee wat hy moet kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die jongste seun kom toe op ’n dag by sy pa en sê vir hom: ‘Pa, ek wil nou dadelik my erfporsie hê. Ek wil nie wag tot Pa eers dood is nie.’ “Die pa het sy goed verdeel en vir elke seun sy erfporsie gegee.