Luke 14:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy wat jou en hom beveel het, kom en sê vir jou: Gee hierdie man plek; en jy begin met skaamte om die onderste vertrek in te neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die gasheer sal sê: ‘Laat hierdie persoon asseblief hier sit.’ Dan sal jy met ’n rooi gesig opnuut moet plek soek — aan die end van die tafel! |
| Afrikaans 1933/1953 | en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sê: Maak plek vir hierdie man. En dan sal jy met skaamte die agterste plek begin inneem. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal hy wat julle albei uitgenooi het, na jou toe kom en sê: ‘Gee bietjie die plek af vir hierdie man.’ Jy sal dan tot jou skande die agterste plek moet gaan inneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en hy wat hom en jou uitgenooi het, dan vir jou kom sê, ‘Maak plek vir hierdie man.’ Dan sal jy met skaamte die verste plek gaan inneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal die bruidegom kom en vir jou sê: ‘Jy moet asseblief opstaan en jy moet jou plek vir daardie persoon gee.’ Jy sal baie skaam word wanneer jy moet opstaan en op 'n plek moet gaan sit wat ver weg is van die bruidegom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dink net hoe skaam jy dan sal kry as die gasheer daar voor almal vir jou kom sê: ‘Verskoon tog, maar hierdie plekke is eintlik vir die eregaste bedoel. Soek vir jou ’n ander plek.’ Dan moet jy met ’n rooi gesig opstaan en op die slegste plek gaan sit. |