Luke 14:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer jy van iemand na 'n bruilof genooi word, moenie in die hoogste kamer gaan sit nie; dat daar nie 'n meer eerbare man as wat jy van hom beveel word nie;
Afrikaans (NLV) 2011 “As julle na ’n bruilof genooi word, moenie altyd die beste plek uitsoek nie. Wat as daar iemand belangriker as jy ook genooi is?
Afrikaans 1933/1953 Wanneer jy deur iemand na 'n bruilof uitgenooi is, moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie,
Afrikaans 1983 “As iemand jou na 'n bruilof toe uitnooi, moet jy nie sommer op die voorste plek gaan sit nie. Dit kan net wees dat die gasheer iemand uitgenooi het wat belangriker is as jy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wanneer jy deur iemand na 'n •bruilofsfees uitgenooi word, moet jy nie op die ereplek gaan sit nie, ingeval iemand van groter aansien as jy deur hom uitgenooi is,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “As iemand jou uitnooi na 'n ete by 'n troue, dan moet jy nie op een van die belangrike plekke gaan sit nie. Miskien het die bruidegom iemand genooi wat belangriker is as jy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Hy vir hulle: “Moenie altyd hardloop vir die beste plek as jy na ’n belangrike geleentheid toe uitgenooi word nie. Netnou gaan sit jy dalk op ’n plek wat vir ’n eregas bespreek is.