Luke 14:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy het 'n gelykenis aan die genooides vertel, toe Hy gemerk het hoe hulle die hoofkamers uitgekies het; sê vir hulle:
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Jesus sien dat almal wat na die ete genooi was, naby die kop van die tafel probeer sit, het Hy hulle hierdie raad gegee:
Afrikaans 1933/1953 En toe Hy merk hoe hulle die voorste plekke uitkies, vertel Hy aan die genooides 'n gelykenis en sê vir hulle:
Afrikaans 1983 Toe Jesus merk hoe hulle die voorste plekke aan tafel uitsoek, vertel Hy aan die genooides die volgende gelykenis:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Hy opmerk hoe die genooides die ereplekke aan die tafel uitsoek, het Hy die volgende gelykenis vir hulle vertel:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het gesien die mense wil graag die belangrikste sitplekke by die tafel hê, die plekke naby die eienaar van die huis. Toe vertel Jesus vir die mense by die ete 'n gelykenis. Hy het gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Rukkie later, toe die gasheer vir die gaste sê om te kom aansit vir ete, merk Jesus op hoe almal skarrel om die beste plekke aan tafel te kry.