Luke 14:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle antwoord en sê: Wie van julle sal 'n esel of 'n bees in 'n put laat val en hom nie dadelik op die sabbatdag uittrek nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het Hy na hulle gedraai en gevra: “Wie van julle werk nie op die Sabbat nie? As jou seun of bees in ’n put val, sal jy hom nie dadelik daar uithaal nie?”
Afrikaans 1933/1953 En Hy antwoord en sê vir hulle: Wie van julle se esel of os sal in 'n put val, wat dit nie dadelik op die sabbatdag sal uittrek nie?
Afrikaans 1983 Daarna sê Hy vir hulle: “Sê nou 'n seun of 'n bees van een van julle val in 'n put, sal hy hom nie dadelik uithaal nie, al is dit op 'n sabbatdag?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê Hy vir hulle: “Wie van julle sal, as sy seun of os in 'n put val, hom nie dadelik uithaal nie – selfs al is dit op die Sabbat?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus sê toe vir die Fariseërs en skrifgeleerdes: “As een van julle se seun of sy bees in 'n gat val, wat sal jy doen? Jy sal hom dadelik uithaal, ook op die Sabbatdag.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus vra toe vir die godsdienstige leiers: “Wat sal julle doen as een van julle kinders of een van julle diere op die sabbatdag in ’n diep sloot vol water val? Sal julle hulle nie dadelik uithaal nie?”