Luke 14:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is nie geskik vir die land nie, ook nie vir die mishoop nie; maar mense gooi dit uit. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Smaaklose sout is selfs nie goed vir die grond of vir bemesting nie. Dit word weggegooi. Enigeen wat gewillig is om te hoor, moet luister en verstaan!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. |
| Afrikaans 1983 | Dit is nie eers bruikbaar vir die grond of vir die mishoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, moet luister!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is nie eers geskik vir die grond of vir die mishoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Laat dié wat ore het om te hoor, luister! ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens kan niks daarmee doen nie. Jy kan dit ook nie op die koringlande of op 'n mishoop gooi nie. Jy kan dit net buite op die straat gooi. As iemand verstaan wat Ek sê, dan moet hy doen wat Ek sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan beteken julle niks meer vir My nie. Dan moet julle weggegooi word, presies net soos ’n mens maak met sout wat sy smaak verloor het. Julle moet mooi luister na wat Ek vir julle sê, en dit ook gaan doen.” |