Luke 14:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sout is goed, maar as die sout sy smaak verloor het, waarmee sal dit geur word?
Afrikaans (NLV) 2011 “Sout is goed om smaak te gee. Maar as dit sy smaak verloor het, hoe kry ’n mens dit weer sout?
Afrikaans 1933/1953 Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?
Afrikaans 1983 “Sout is 'n goeie ding. Maar as sout verslaan het, waarmee sal dit weer sout gemaak word?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Sout is goed, maar as sout sy smaak verloor, waarmee sal dit weer smaaklik gemaak word?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sout is goed, maar as die sout nie meer soos sout smaak nie, dan kan niemand dit weer soos sout laat smaak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle wat sê dat julle my volgelinge is, is soos sout. Julle moet smaak gee aan hierdie smaaklose wêreld. Maar wat help dit as julle self smaakloos is?