Luke 14:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So kan ook elkeen van julle wat nie alles wat hy het verlaat nie, my dissipel wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Só kan niemand my dissipel word sonder om alles vir My prys te gee nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie. |
| Afrikaans 1983 | “So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net so kan nie een van julle wat nie van al sy besittings afstand doen, my dissipel wees nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So is dit ook met julle. As iemand vashou aan al sy goed, en hy wil nie sê mense kan alles vat nie, dan kan hy nie my dissipel wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Weet julle, so gaan dit ook met elkeen van julle wat agter My wil aankom. As julle nie bereid is om julle geld en julle besittings weg te gee aan ander mense wat swaarkry nie, kan julle nie my volgelinge wees nie. |