Luke 14:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want wie van julle wat van plan is om 'n toring te bou, gaan nie eerste sit en die koste bereken of hy genoeg het om dit te voltooi nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie eers begin voordat jy die koste bereken het nie. Want wie sal met die oprigting van ’n gebou begin sonder om eers kwotasies te kry en te sien of daar genoeg geld is om die rekeninge te betaal? |
| Afrikaans 1933/1953 | Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? -- |
| Afrikaans 1983 | “Wie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en bereken die koste, om te sien of hy genoeg geld het om dit te voltooi nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens moet voor die tyd weet hoeveel iets gaan kos. 'n Man wat 'n wagtoring wil bou, moet eers gaan sit en dink hoeveel dit sal kos, hy moet kyk of hy genoeg geld het om dit klaar te bou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Kom Ek verduidelik dit met ’n voorbeeld: As jy ’n huis wil bou, werk jy mos voor die tyd uit of jy genoeg geld het om dit alles te kan doen, nie waar nie? |