Luke 14:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 En jy kan nie my dissipel wees as jy nie jou eie kruis dra en My volg nie.
Afrikaans 1933/1953 En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.
Afrikaans 1983 Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie nie sy eie kruis dra en My volg nie, kan my dissipel nie wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As iemand saam met My wil kom, dan moet hy lewe soos iemand wat weet hy sal aan 'n kruis hang en sterf. As hy dit nie wil doen nie, dan kan hy nie my dissipel wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy My wil volg, moet jy alles wat vir jou baie belangrik is, laat staan. Stel dit tweede. So nie, bly dan weg! “Ek moet die belangrikste van alles in jou lewe wees. En dit is baie moeilik. Ja, dis so moeilik soos om jou eie doodsvonnis te onderteken. Om My te volg moet jy maak soos iemand wat die doodsvonnis opgelê is: jy moet jou kruis optel en agter My aanstap. As jy nie daarvoor kans sien nie, bly liewer weg.