Luke 14:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die Here vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en heinings en dwing hulle om in te gaan, sodat my huis vol kan word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy baas sê toe: ‘Gaan uit op die paaie en lanings en dring aan by enigiemand wat jy teëkom om te kom sodat my huis vol kan word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die man vir die slaaf: ‘Gaan uit na die paaie en lanings en dring by hulle daarop aan om in te kom, sodat my huis vol kan word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die eienaar vir die slaaf, ‘Gaan uit na die paaie en lanings, en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die eienaar sê toe vir die slaaf: ‘Gaan na die hoofpaaie en die klein paadjies en sê vir die mense hulle móét na my fees kom, sodat my huis vol kan wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [23-24] “‘Nou ja, dan moet jy nog mense gaan soek,’ sê die huisheer. ‘Gaan keer almal voor wat met die hoofpad hier naby verbyry. Ja, en gaan ook daar na die winkelsentrum toe. Keer almal voor wat jy raakloop en smeek hulle om na my fees toe te kom. Moenie nee vir ’n antwoord vat nie. Hou aan totdat hulle ja sê. Sleep hulle saam met jou hierheen terug as dit moet. My huis moet vol word. Maar daardie ander spul wat genooi is, sal nie hulle monde aan my kos sit nie.’” |