Luke 14:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daardie dienskneg het toe gekom en sy heer hierdie dinge te kenne gegee. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienaar gesê: Gaan gou uit in die strate en lanings van die stad, en bring die armes en die verminktes en die stilstaandes en die blindes hier in.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die slaaf het toe teruggekom en aan sy baas vertel wat hulle gesê het. Die baas het kwaad geword en sê toe: ‘Gaan gou in die strate en stegies van die stad en nooi die armes, die kreupeles, die verlamdes en blindes.’
Afrikaans 1933/1953 En daardie dienskneg het gekom en die dinge aan sy heer vertel. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in.
Afrikaans 1983 “Die slaaf kom toe terug en vertel dit alles aan sy eienaar. Toe word die man kwaad en sê vir sy slaaf: ‘Gaan uit na die strate en gangetjies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met sy terugkeer het die slaaf hierdie dinge aan sy eienaar gerapporteer. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy slaaf gesê, ‘Gaan dadelik uit in die strate en stegies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die slaaf het teruggegaan en hy het vir sy eienaar alles vertel wat die mense gesê het. Die eienaar het kwaad geword en hy het vir sy slaaf gesê: ‘Gaan nou na die strate en smal paadjies van die stad, en bring die arm mense, die kreupeles, die blindes en die verlamdes hiernatoe.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die helper het toe teruggekom en vir sy werkgewer vertel dat niemand meer kon kom nie. Die man was woedend daaroor. Nadat hy so ’n rukkie gestaan en dink het, sê hy toe vir sy helper: ‘Kom ons maak ’n ander plan. Alles staan mos gereed. So, waarom sal ons dan nie feesvier nie? Gaan nooi gou almal wat jy in die hande kan kry. Maak nie saak wie hulle is of waar hulle bly nie, gaan nooi hulle uit. Gaan haal die armes en al die siekes wat daar in die agterstrate tussen die asblikke slaap. Sê vir hulle hulle moet dadelik na my feesmaal toe kom.’