Luke 14:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het almal met een instemming begin om verskoning te maak. Die eerste sê vir hom: Ek het 'n stuk grond gekoop, en ek moet dit gaan kyk. Laat my tog verskoon word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hulle het almal begin verskoning maak. Een het gesê hy het pas ’n stuk grond gekoop en wou daarna gaan kyk. Hy vra dus om verskoon te word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het 'n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog. |
| Afrikaans 1983 | Maar hulle begin almal, die een na die ander, verskoning maak. Die eerste sê vir hom: ‘Ek het 'n stuk grond gekoop en dit is noodsaaklik dat ek uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my asseblief.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar een ná die ander het almal verskonings begin aanbied. Die eerste een het vir hom gesê, ‘Ek het 'n stuk grond gekoop, en dit is noodsaaklik dat ek daarna gaan kyk. Ek vra u, verskoon my tog.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die mense wat uitgenooi was, het almal gesê hulle is jammer, hulle kan nie kom nie. Een man het vir die slaaf gesê: ‘Ek het 'n stuk grond gekoop en ek moet daarna gaan kyk. Ek vra vir jou, verskoon my asseblief.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar toe gebeur daar ’n snaakse ding. Al die genooides het skielik kop uitgetrek. Die een het gesê: ‘U moet my asseblief verskoon. Ek het so pas ’n stuk grond gekoop. Nou moet ek gou gaan kyk hoe dit lyk.’ |