Luke 14:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe een van die wat saam met hom aan tafel was, hierdie dinge hoor, sê hy vir hom: Geseënd is hy wat brood eet in die koninkryk van God.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hy dit hoor, het ’n man wat saam met Jesus aan tafel was, uitgeroep: “Wat ’n voorreg sal dit wees om deel te hê aan die feesmaal in die koninkryk van God!”
Afrikaans 1933/1953 En toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.
Afrikaans 1983 Een van dié wat saam aan tafel was, het dit gehoor en vir Hom gesê: “Gelukkig is die man wat aan die maaltyd in die koninkryk van God kan deelneem.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe een van diegene wat saam aangeleun het om te eet, dit hoor, sê hy vir Hom: “Gelukkig is die een wat aan die maaltyd in die •koninkryk van God sal deelneem. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van die mense wat saam met Jesus geëet het, het gehoor wat Jesus sê oor die mense wat weer sal lewe. Hy sê toe vir Jesus: “Iemand wat eendag by die tafel sal sit waar God Koning is, sal 'n gelukkige mens wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een van die gaste wat saam met Jesus aan tafel was, sê toe: “Sjoe, wat ’n voorreg moet dit nie wees om eendag daar in God se nuwe wêreld ’n plek te kan kry nie!”