Luke 14:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hy ook vir hom wat hom beveel het: As jy 'n maaltyd of 'n maaltyd maak, roep nie jou vriende of jou broers of jou bloedverwante of jou ryk bure nie; dat hulle jou ook nie weer bid en jou vergelding ontvang nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe draai Hy na sy gasheer. “Wanneer jy ’n middag- of aandete gee,” het Hy gesê, “moenie jou vriende, broers, familie en ryk bure nooi nie. Want hulle sal jou beloon deur jou terug te nooi.
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy 'n môre -- of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie.
Afrikaans 1983 Hy het ook vir die gasheer gesê: “As jy in die middag of in die aand 'n maaltyd gee, moet dan nie jou vriende of broers of familie of ryk bure uitnooi sodat hulle jou waarskynlik ook weer uitnooi en jou op dié manier vergoed nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het ook vir die man wat Hom genooi het, gesê: “Wanneer jy 'n ligte ete of 'n groot maaltyd gee, moenie jou vriende of broers of familie of ryk bure nooi, met die doel dat hulle jou weer op hulle beurt uitnooi, en jy dan vergoed word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het ook vir die man wat Hom uitgenooi het, gesê: “Wanneer jy mense uitnooi na 'n middag-ete of 'n aand-ete, dan moet jy nie jou vriende uitnooi nie, ook nie jou broers of jou familie of ryk bure nie, want hulle sal jou miskien ook weer uitnooi om by hulle te kom eet, en so betaal hulle jou terug.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe draai Jesus na die gasheer toe en sê vir hom: “As jy weer ’n groot ete of ’n fees hou, moet dan nie hierdie spul weer uitnooi nie. Haal al jou vriende en al jou familielede en die vernames se name van jou gastelys af. Moet ook nie daardie ryk bure van jou uitnooi nie. Dan is hulle almal weer onder die verpligting om jou vir ’n ete terug uit te nooi. En so gaan dit dan heeltyd aan.