Luke 14:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as jy genooi is, gaan sit in die onderste vertrek; sodat hy wat jou beveel het, vir jou kan sê: Vriend, gaan hoër op; dan moet jy aanbid voor die wat saam met jou aan tafel sit.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maak liewer so — sit aan die end van die tafel. Dan, wanneer die gasheer jou sien, sal hy kom en sê: ‘Vriend, ons het ’n beter plek as dit vir jou!’ Dan sal jy voor al die ander gaste vereer word;
Afrikaans 1933/1953 Maar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sê: Vriend, gaan hoër op! Dan sal jy eer hê voor die wat saam met jou aan tafel is.
Afrikaans 1983 Maar as jy uitgenooi is, gaan sit liewer op die agterste plek. Wanneer die gasheer kom, sal hy vir jou kan sê: ‘Vriend, kom sit hier voor.’ Dan sal jy in die agting van al die gaste styg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nee, wanneer jy uitgenooi word, gaan na die verste plek, sodat die man wat jou uitgenooi het, kan kom en vir jou sê, ‘Vriend, skuif nader!’ Dan sal jy aansien kry by almal wat saam met jou vir ete aanleun.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand jou uitnooi, dan moet jy gaan sit op die plek wat die minste belangrik is. Dan kan die bruidegom vir jou sê: ‘My vriend, kom sit nader by my.’ En dan sal al die mense sien hoe belangrik jy is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Gaan sit liewer daar agter tussen die ander mense as jy na ’n belangrike funksie toe genooi word. Kies doelbewus die swakste plek uit. Wie weet, dalk kom die gasheer na jou toe en sê: ‘Ag nee, vir wat sit jy hier agter? Daar voor is ’n baie beter plek. Kom sit daar by my.’ Dan sal almal wat saam met jou aan tafel sit, sê: ‘Sjoe, dat so ’n belangrike persoon so nederig is om hier tussen ons te sit!’