Luke 13:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy antwoord en sê vir hom: Here, laat dit ook hierdie jaar staan, totdat ek daaroor sal grawe en dit mis.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die tuinier het geantwoord: ‘Meneer, gee hom nog een kans. Los hom nog ’n jaar, en ek sal besondere aandag aan hom gee en baie bemesting.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.
Afrikaans 1983 Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hy antwoord en sê vir hom, ‘Meneer, laat dit nog hierdie jaar bly staan, totdat ek rondom gespit en mis gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê die man wat in die wingerd werk: ‘Meneer, laat die vyeboom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom die boom omspit en ek sal dit mis gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe sê die tuinier: ‘Ag, Meneer, kan ons nie maar nog ’n keer probeer nie? Kom ons gee die boom nog ’n jaar kans. Ek sal sorg dat hy hierdie jaar die beste bemesting en genoeg water kry. Dan behoort hy volgende jaar vrugte te dra.