Luke 13:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hy vir die tuinmaker van sy wingerd: Kyk, hierdie drie jaar kom ek en soek vrugte aan hierdie vyeboom, maar kry niks nie; kap dit af; waarom lê dit die grond toe? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Uiteindelik het hy vir sy tuinier gesê: ‘Kyk, ek kom soek nou al drie jaar lank vrugte aan hierdie boom en kry niks nie. Haal hom uit! Hoekom moet hy die grond nog langer uitput?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? |
| Afrikaans 1983 | sê hy vir die tuinier: ‘Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit! Waarom moet hy langer die grond uitput?’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het hy vir die tuinier gesê, ‘Kyk, dis al drie jaar wat ek vrugte aan hierdie vyeboom kom soek en niks kry nie. Kap dit uit. Waarom moet dit die grond langer uitput?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man sê toe vir die man wat in die wingerd werk: ‘Dit is nou die derde jaar dat ek kom kyk of daar vye aan die boom is, maar elke jaar kry ek niks. Jy moet nou hierdie vyeboom uitkap, want dit maak net die grond droog.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sê toe vir sy tuinier wat die bome moes versorg: ‘Kyk, dis nou al drie jaar dat hierdie boom nie vye dra nie. Kap hom uit! Dit put net die grond uit. Kom ons plant liewer ’n ander boom in sy plek.’ |